You are on page 1of 2

'n Vereniging vir Afrikaanse en Engelse Taalpraktisyns

An Association for English and Afrikaans Language Practitioners



http://prolingua.org.za

Prolingua-lede en ander belangstellende

Die gasspreker by Prolingua op Woensdag, 13 Augustus is meneer Wildrich
Fourie wat aan die hand van demonstrasies kom gesels oor die Autshumato-
vertaalprogram. Hy is as bestuurder verbonde aan die Sentrum vir
Tekstegnologie (CTexT

) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-


Universiteit. Wildrich is die afgelope ses jaar betrokke by die Autshumato-
projek en die laaste vier jaar is hy projekleier.
Die Autshumato-vertaalprogram is deur die Departement van Kuns en Kultuur
genisieer tot voordeel van al die amptelike tale in Suid-Afrika. Die doel is om
vertaalwerk en die standaardisering van terme te vergemaklik.

Die aanbieding begin om 09:30 tot10:30 in Kamer I-52, Blok I in die
Ingenieursgebou van Tshwane Munisipaliteit, Basdenlaan, Centurion. Sien
asseblief die aangehegte kaart. Tee/Koffie en verversings word na die tyd
bedien.

Enigeen is welkom, maar Prolingua-lede en besoekers moet asseblief vir Retha
Bosman by rethab@uj.ac.za of Rika Weiss by rikaweiss@telkomsa.net
n week voor die tyd laat weet wie die sessie gaan bywoon ter wille van die
getalle vir die verversings. Prolingua-lede betaal R20 en nielede R40 en die geld
is betaalbaar voor die sessie begin. Studente is ook welkom en het gratis
toegang.

Laat asseblief genoeg tyd om parkeerplek te kry en om die lokaal te bereik.

Prolingua sien uit om almal daar te ontmoet!


Marietjie du Plessis
Voorsitter: Prolingua

You might also like